Saturday, 18 May 2013

Ons stukkie van Afrika

"I have a farm in Africa", ek hoor hierdie woorde soos Meril Streep dit sê aan die begin van die fliek Out of Africa.
Vir so lank het ons saam gedroom oor ons eie stukkie grond. 'n Plaas met perdekampe & wit paaltjies het my man altyd gesê. 
Daar was 'n tyd wat ek gewonder het, gaan dit ooit realiseer, waar sal dit wees en hoe gaan dit lyk.......?  Wel hierdie prentjie begin nou baie mooi vorm aanneem en ons sien uit na 'n nuwe begin as familie.

Na 3½ jaar se sukkel met die onderverdeling is die plaasakte is verlede week geregistreer.  Wat 'n lekkerte om te weet daar's 'n stukkie aarde waar ons kan woel & werk. 

Meer foto's en stories sal volg soos die legkaart stukkies begin pas.

No comments:

Post a Comment